Tuesday 7 August 2007

ODéLIA SE VORDERING

Baie toetse, uitslae, die MRI-scan, x-strale en die gips wat vervang is, is alles vandag gedoen. Met die MRI-scan het hulle uitgevind dat haar regterarm ontsteking in die gewrig het. Die dokters het dadelik die infeksie daar verwyder en vir ontleding gestuur. Die regterarm is nou ook in gips van die hand tot bo. Haar antibiotika is ook verander. Die foto onder wys hoe die masjien lyk waarmee die antibiotika gegee word. Yolandi sê dit neem ongeveer so 'n halfuur om die medikasie te gee. Die uitslag van die niertoets wat gedoen is en 'n stoelgang toets om vas te stel of sy allergies is vir die vorige antibiotika, se uitslae het nog nie terug gekom nie. Baie goeie nuus is dat die been pragtig begin groei het. Daar is ook nie teken van verdere infeksie in die knie nie. Hulle wag nou vir die resultate van die infeksie om te kan bepaal of hulle die regte antibiotika nou vir haar gee.

BAIE DANKIE VIR ALMAL SE GEBEDE EN BETERSKAP WENSE. ONS WAARDEER DIT OPREG. DRA HAAR ASSEBLIEF NOG STEEDS IN JUL GEBEDE OP.



1 comment:

Unknown said...

Dankie vir die nuus oor Odelia. Ons glo dit sal sommer gou beter gaan. Stuur al ons liefde aan hulle. Geniet maar vir Annika en Joanne, so hou hulle jou besig. Ons dink aan julle en bid steeds vir Odelia se herstel. Liefde groete die Hurns.