Saturday 18 August 2007

Odélia

Nuus uit Auckland. Die "pick"lyn is nie gister verwyder nie, maar hulle het besluit om dit vandag te doen. Sy sal dan vir die volgende twee dae die antibiotika drink. Dan kry die arm kans om te rus en kan hulle sien of die antibiotika die magie skade doen of nie. Maandag, wanneer sy narkose kry vir die MRI scan, gaan hulle dan sommer die lyn weer insit as dit nodig is. Hulle wil ook 'n ander scan doen, 'n "skeloton"scan. Dit sal wys of daar enige plek in haar liggaam is waar daar nog infeksie in die bene is. Verder sal daar dan nou nie regtig iets anders gebeur die naweek nie. Maandag sal ek dan weer terugvoering van Diela gee.

No comments: