Monday 6 August 2007

Die afgelope naweek

Saterdagoggend was ons almal gepak en reg om te ry Auckland toe. Pieter en ek, Japie, Annika en Joanné, Daleen en Ruben en Sebil sou almal gaan. Die telefoon het gelui en Yolandi het ons meegedeel dat sy en Odélia oppad huistoe was vir die naweek. Daar word geen toetse of enige scans die naweek gedoen nie.
Japie en Odélia speel op die mat.


Kyk hoe lekker lag ek vir my pappa. Japie en Joanné.


Odélia het met die klein rolstoel huistoe gekom en toe moes al die kleingoed eers voel hoe dit voel om in 'n rolstoel te sit.

Annika op die stoel.

Ruben op die stoel.



No comments: