Thursday 2 August 2007

Odélia se vordering

Geen toetse of scans is die 1ste Augustus gedoen op Odélia nie. Die dokters het vir geduld gevra sodat hulle kan vasstel watter soort infeksie in haar arm is. Sy het ook begin kla oor haar regterbeen. As gevolg hiervan het die dokter besluit om 2de Augustus weer 'n been"scan" te doen. Hier is twee foto's van haar in 'n rolstoel. Ons hou ook duimvas dat daar nou so 'n stoel beskikbaar sal wees vir haar om huistoe te bring. Dit sal haar help om beter oor die weg te kom. Baie sterkte vir haar, haar pa en ma. Ons bid, glo en vertrou saam met julle dat alles binnekort uitgesorteer sal wees en dat julle weer almal saam by die huis sal wees. Lief vir julle.



No comments: