Tuesday 21 August 2007

Nuus uit Auckland

Geen toetse is vandag op Odélia gedoen nie. Die MRI scan is geskuif na môre toe. Dr. Nicol is bietjie met verlof. Daar is nou 'n vroue dokter wat nou na Odélia omsien. Blykbaar is daar 'n dokter wat net môre beskikbaar is om die MRI scan te kan bywoon. Hy is glo baie goed met dié tiepe van ding. Ons wag nou in spanning om te hoor wat sy bevindings is. Hulle het dus ook nog nie die picklyn teruggesit nie. Dit gaan nog goed met die drink van die medikasie.

No comments: