Wednesday 8 August 2007

ODéLIA

Vandag het daar nie veel gebeur by die hospitaal nie. Hulle het 'n sonar van die niere gedoen. Die resultaat was dat daar wel skade aan die niertjies is. Die radioloog het aanbeveel dat 'n verdere scan gedoen word om vas te stel hoe groot die skade is. Sy het die gips op die arm baie goed aanvaar. Sy is nou nog minder beweeglik, dus gedra sy haar nou 'n bietjie stiller. Sterkte, Diela. Ons glo en vertrou dat Liewe Jesus mooi na jou sal kyk. Ons is baie lief vir jou en mis jou. Liefde van ons almal hier by die huis.



Terwyl Mamma in die hospitaal by Diela is, kuier Annika en Joanné by Oupa en Ouma. Terwyl ek vanoggend huis skoon gemaak het, het hulle twee "Beauty and the Beast" gekyk.


Kyk hoe lekker slaap ek by Oupa. Annika is baie lief vir haar Oupa. Ouma kom maar sleg tweede in hierdie geval.





1 comment:

Sandmensie said...

Tannie Annatjie ek dink by verre tannie is diè gelukkigste ouma om al die kleingoed so naby te hê...maar meer dink ek Japie, Jolandi,Daleen en Hekkie wees dankbaar vir hierdie Oupa en Ouma en vir die tye wat julle as familie saam kan koester..dit gaan so gou verby en die kindertjies word so vinnig groot!
liefde
vicky