Friday 17 August 2007

Odélia

Die nuus uit Auckland is dat hulle besluit het om nie die "pick"lyn te vervang nie. Dit is die IV lyn waarvan ek gepraat het. Toe hulle in die teater kom, het die pediater besluit dat die lyn nie sleg lyk nie en dat dit so moet bly. Die MRI scan is ook nie vandag gedoen nie, weens te besige skedule daar. Is nou geskeduleer vir Maandag. Ons hoop en bid dat hulle nie die lyn moet vervang nie, want dit beteken ekstra narkose. Verder gaan dit goed met haar.

No comments: