Tuesday 21 August 2007

Ruben kuier by sy niggies

Daleen het vandag weer begin werk. Ruben kon nie plek kry in 'n dagsorg nie en is op 'n waglys geplaas. Ouma sal nou na hom kyk vir die twee dae per week wat sy gaan werk. Vandag was 'n "op catch" dag. Sebil en Ruben het by ons gebly. Sebil het gekom om kruideniersware te koop.
Oupa en Ouma met Ruben en Annika. Joanné het geslaap. Die foto is geneem tydens Oupa se eternsuur.


Kyk hoe mooi stil sit ons en TV kyk.
Maar nou ja, met 'n mannetjiesmens in die omtrek het 'n mens ook nie rus nie. Tipies, né?
Ruben kan maar net nie genoeg kry van die niggies nie.
Ruben het ook weer die heeltyd soentjies uitgedeel. Sommer op die voete as hy nie by die kop of mond kan bykom nie. Hy was ook siek gewees die afgelope tyd, maar vandag kon jy agterkom dat dit sommer baie beter gaan met hom.

Mens wonder waaraan hy nou weer dink. Seker : Gee hulle 'n kans. Ek sal nou weer laat weet dat ek hier is.


Dit was vir Annika ook baie lekker om 'n ou maatjie te hê. Moet party dae seker maar vervelig wees vir haar by Ouma. Maar ons kry darem ons kans om te speel. Ons maak nou eers maats. Sy is mos eintlik Oupa se meisiekind.


Hier kom ek weer!!! Wees gewaarsku.

Maar hierdie keer het hulle lekker saam gespeel.




No comments: