Tuesday 14 August 2007

Ouma by Odélia in die hospitaal

Odélia is Saterdagmiddag oorgeplaas vanaf Starship Hospitaal in Auckland, na Rotorua Hospitaal. Dit is nader aan die huis en om te verhoed dat sy te aktief is en die been of arm seermaak, is daar besluit dat sy in die hospitaal moet bly. Sy moet die "cast" om die been afhaal en nou die been gebruik. Baie deurmekaar vir die klein mensie, want eers mag sy nie op die been loop nie, en nou moet sy nogal sonder die gips loop. Sy het dit Sondag gedoen, maar baie versigtig en ek dink sy sal baie hulp nodig hê om weer volle vertroue in die regte gebruik van die been te herwin. Die arm is ook maar nog seer en sy gebruik hom baie min. 'n MRI scan is gereël vir Maandag om te kyk wat met die hand aan die gang is. Ons bid dat dit nie te ernstig is nie. Die Uroloog sien haar Donderdag en sal dan besluit wanneer sy geopereer gaan word vir die niere.
Ek het vanaf Sondagmiddag, 11 Augustus by Odélia in die hospitaal gebly sodat Yolandi bietjie tyd saam met Annika en Joanné by die huis kon spandeer. Gister het ek probeer om foto's te neem van hoe sy loop. Dit is maar moeilik, maar het darem twee gekry.






Dinsdag, 13 Augustus het Daleen en Ruben en Sebil vir Odélia kom kuier voordat sy weer Woensdag terug gaan Auckland toe. Yolandi het ook vir Annika en Joanné gebring sodat hulle weer saam mer my kon huistoe gaan. Hier is 'n paar foto's wat in die speelkamer geneem is.


Odélia was ook die hele speelkamer vol. Geloop of op die boutjies geskuif.




Annika het nie geweet waarmee sy die graagste wil speel nie. Daar is so baie speelgoed.




Ruben lyk amper nes Bob the Builder met die harde hoed op sy kop.




Yolandi met Joanné op haar skoot, Daleen en Sebil in die hospitaal se speelkamer.

'n Pragtige uitsig oor Rotorua Meer vanuit die speelkamer.



1 comment:

Sandmensie said...

Odelia ons is soooo bly jy speel! hoop jy gaan sommer gou-gou op jou beentjie kan loop en dat al daardie seer sommer net in 'n oogknip gaan verdwyn!ons bid vir jou hoor!Dis die eerste hospitaa wat ek sien met so 'n pragtige speelkamer! wie gaan dan wil huistoe gaan? mooi bly julle almal!
die Sloan's