Tuesday 23 September 2008

Verse gespuit

Ek, Pieter, Johan en Sebil het gister met ons verse gaan werk. Hulle is gespuit, geweeg en ons het ook seker gemaak dat ons al die nommers het. Dit is nogal 'n groot werk, veral as die son so lekker warm geskyn het.

Daar is so ongeveer 222 verse waarmee gewerk moes word. Bo is die eerste groep, die groter groep - hulle weeg so ongeveer 220 - 240kg.

Onder is die tweede groep. Hulle weeg so ongeveer 150 - 200kg.



Ruben het 'n bietjie van 'n loop maag oor die naweek gehad, en mag dan nadat die magie gestop het, 48 uur later eers weer teruggaan dagsorg toe. Hy het toe gister by ons gekuier en is saam. Die kêps op die kop, het nie lank gewerk nie. Dan sê hy net klaar, klaar, klaar en haal hom af. Hy glo die beanie op die kop is genoeg om die son ook te keer.

Sebil het die skryfwerk gedoen. Ek, Pieter en Johan het met die koeie gewerk. Hulle het natuurlik die gevaarliker werk gedoen en ek het meer gehelp om in te jaag en nommers te vat.

Ruben het 'n nood gehad en Oupa was die naaste om te help. Gou het hy ook geroep : Waar is die kamera?

1 comment:

Sandmensie said...

Ja Ruben, as jy tussen die koeie bly moet jy maak soos die koeie!!
Ai julle die groen natuur is PRAGTIG!!
Liefde..ons...XXXXX