Tuesday 30 September 2008

Sebil se vordering

Ek is vanoggend baie dankbaar om te kan rapporteer dat dit met Sebil baie goed gaan. Sy is toe gisteraand eers heelwat later teater toe as wat beplan was. Gedurende die operasie, toe die dokters die apparaat toets, was hulle nie heeltemal tevrede nie, en het toe besluit om 'n effense groter apparaatjie te gebruik. Die een werk blykbaar nou perfek en toe ek bel was die dokter juis by haar om dit weer te toets. Nou ja, nou gaan hulle net al die nodig dingetjies afhandel, en dan is hulle op pad huistoe. Dit is vir ons baie goeie nuus en ons dank die Here daarvoor.
Ons sien jou vanmiddag, Sibs. Die meisiekinders kannie wag om vir jou te kom kuier nie. Jy gaan nou lekker bederf word by die huis. Lief vir jou.
Van ons almal.

No comments: