Wednesday 3 September 2008

'n Kuier by Ouma

Die laaste paar dae maak ek en Kathleen vroeg klaar by die kalfies. Werk vanaf 7 tot 10 in die oggend. Die koeie kalf baie stadig, met die dat ons nie baie kalfies het om te leer drink nie. Dan het ons ook al 3 groepe uit in die weikampe - so 144 kalfies.
Ek het toe vanoggend vir Odélia en Annika gaan haal om by my te kuier.
Om dit bietjie spesiaal te maak, het ek besluit om Crumpets te bak. Met die aanmaak was Odélia al by, maar Annika het eers klaar gespeel en toe ons begin bak het, haar verskyning gemaak.
In een van die panne het 'n crumpet soos 'n hartjie gelyk. Odélia wou weet of ek nog hartjies kan bak. Gelukkig het ek onthou van die vormpies wat ek het. Dit het die hartjie bakkery baie maklik gemaak.




Natuurlik moes elkeen 'n beurt kry om die crumpets uit die pan in die bord te sit.




Volgende word die twee vormpies teen mekaar gesit en gesê : Ouma dit lyk soos 'n butterfly. Reg geraai. Daar moes 'n butterfly gebak word. Gladnie 'n slegte probeerslag nie, al lyk die butterfly vir my meer na 'n by met sy vet lyfie.


Die eindproduk.


Nadat Oupa ook met lunch was, het ons begin scrap. Ek het gedink dit sal goed wees as ons elkeen 'n huisie moes maak.
Odélia se eindproduk.



Ouma s'n




Annika is nie altyd baie geinteresseer in die scrapbooking nie. Sy het haar huisie se muur en dak geplak en toe was sy klaar.


Maar daar was ander goedjies wat haar aandag getrek het. Dit is klaargemaakte diertjies wat jy die papier agter aftrek en dan kan jy hulle plak. Dit het sy baie geniet.




Verskoon asseblief tog die datum op die fotos. Dit lyk my die kamera is weer uitgestel.

1 comment:

Sandmensie said...

Sjoe maar ouma is besig ne!ons het ook plaatkoekies gemaak,maar na die meisies julle sin gesien het wik hulle dit ook try! Die sirkus is pragtig!