Thursday 4 September 2008

Joanné kuier by Ouma

Vanmiddag was dit Joanné se beurt om te kuier. Ons kan nou wel nie Scrap of crumpets bak nie, maar sy is 'n regtig klein pop. Was nie regtig baie gelukkig met Mamma wat haar by Ouma kom aflaai het nie. Dit gaan mos maar so met die kleinste. Klou aan Ma se rokspante vas op hierdie stadium. Gelukkig het sy gou vrede gemaak en begin boek lees.






Die blokkies bly ook 'n groot gunsteling. Lank het sy so met hulle gesit en speel.



Darem een keer opgekyk om Cheese te sê.
Ek het sommer my selfoon se kamera gebruik, anders het ek nie fotos gehad nie.


No comments: