Monday 8 September 2008

'n Sirkus Partytjie

Ons het Saterdag Annika se verjaarsdag partytjie gehou. Dit was gelukkig 'n lekker dag sodat die kinders buite kon speel. Annika het besluit ons hou dié jaar Sirkus partytjie. Ek het die eetkamer in 'n sirkustent 'probeer' omskep.


Elke maatjie het 'n sirkustent-boksie gekry met 'n inkleur prentjie, 'n snaakse draai-strooitjie en 'n hanswors masker. In die boksie was ook dan allerhande lekker eetgoed.


Die verjaarsdag meisiekind.




Odélia met haar masker.


Die verjaarsdagkoek.


Annika was baie trots op haar koek.

Persente oopmaak. Daar moes natuurlik dadelik met die nuwe mantel en kroon gespeel word. Odélia sê Annika lyk soos 'n "queen", maar toe Annika op die glyplank is hoor jy net hoe roep sy:"Superman!"

Veels geluk liewe Annika, omdat jy verjaar.........




En gou kersies uitblaas.



Die verjaarsdag-hanswors.


Oupa hardloop weg van die Superman-hanswors wat hom net wil vang. Die springkasteel in die agtergrond was ook 'n groot lekkerte vir hulle.

Ek het hierdie jaar alles self gemaak, uitnodigings, boksies, koek, alles. Maar ek dink nie ek sien weer kans vir dit nie, dis groot werk. Sal maar volgende keer die koop ding doen.....

1 comment:

Sandmensie said...

ALLES lyk PRAGTIG,en dis die harde werk die moeite werd! so moenie die koopding doen nie mam! Jy is een van die bevoorregte by-die-huis-bly mammas wat kan,en ek glo die kiddies waardeer dir meer! Ai Yolande ons kleingoed word nou grootgoed ne..en ons word ougoed..ag ek meen ..ouer..
Joanne praat te cute! Celandre-hulle speel die vidoetjies oor en oor!en Crispin is versot op haar kopknik na sy 'n woordjie gesê het!