Tuesday 9 September 2008

Ruben se "Skool"

Ek het einde Augustus weer begin werk, en dit is die week Ruben se 2de week by die dagsorg waar hy nou Maandae - Vrydae kuier, of soos ons dit vir hom se, sy skool. Hy verras ons baie en is heel gelukkig daar, die groet in die oggende is net nog baie hartseer, maar as hy eers begin speel dan is als vergete.

Sebil en ouma Annatjie het Ruben verlede Vrydag 'n bietjie vroeer gekry en Sebil kon toe vinnig 'n gedeelte van die dagsorg afneem.

Ruben sou eers van volgende maand by die +2 jariges inskakel, maar die juffrou het dit goed gedink om hom sommer nou al deel van hulle groep te maak. Hy geniet die kinders baie en daar het verlede week van die mammas gekom en gese hulle kinders praat van hulle nuwe "friend Ruben"




No comments: