Friday 12 September 2008

Groot verjaarsdae en 'n huweliksherdenking

Ouma Issie is vandag 84 jaar oud. Baie geluk Ouma. Mag dit 'n baie mooi jaar wees, vol vreugde, voorspoed, geluk en goeie gesondheid. Gods rykste seën word Ouma toegebid. Geniet die dag. In ons gedagtes is ons daar saam met Ouma. Ons is baie lief vir Ouma. Liefde van ons almal.




Baie geluk met jou verjaarsdag, Isabel. Ons kan nie glo dat jy al 16 jaar oud is nie. 'n Baie mooi jaar, vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens. Geniet die dag.






Oupa Japie en Ouma Issie is vandag al 66 jaar getroud. Baie geluk met hierdie groot mylpaal in jul lewens. Mag die jare vorentoe vol vreugde en goeie gesondheid wees. Geniet die dag en weet dat ons vandag in ons gedagtes saam met julle is. Lief vir julle. Liefde van ons almal.


No comments: