Tuesday 2 September 2008

Die sirkus

Ek is so bly om te sien Sebil het fotos van die sirkus geneem. Japie het Saterdag die kinders verras met die sirkus toe ganery. Hulle wou so graag gaan, maar Japie het vir my gesê hy kan nie Saterdag middag af kry om te gaan nie. Die kinders het maar vrede gemaak dat ons met 'n volgende geleentheid sal sirkus toe gaan. En Saterdag oggend sê hy toe vir hulle hy het 'n verassing. Hulle het eers besef wat die verassing is toe ons voor die groot tent stop. Ons mag nie die flash van die kamera gebruik het nie, en toe het daar amper nie een van my fotos uitgekom sodat ons dit op die blog kon sit nie. Dankie tog vir Sibs. Die dogtertjie met die pienk klere en die hula-hoops was natuurlik Odélia se gunsteling, en Annika het vreeslik van die klomp "tjoklit" omies gehou wat so op mekaar se skouers spring. Joanné het weer die olifant en die ponies baie geniet. En Saterdag hou ons dan nou 'n Sirkus partytjie vir Annika se verjaarsdag. Ons sal vir Sibs, die fotograaf, vra om vir ons fotos te neem van dié sirkus!

No comments: