Saturday 27 September 2008

Ruben speel rugby

Terwyl Ruben gedurende die week by my gebly het, het hy bietjie rugby gespeel. Oupa Danie en ouma Miemie het vir hom 'n rugbybal van Suid-Afrika af gestuur. Baie in sy noppies daarmee. Nou wil hy net rabit (dit is nou rugby) speel.



Ons kon op een voorwaarde gaan rugby speel en dit is as hy sy hoed opsit. Hy het gedurende die winter so gewoond geraak aan sy beanie, dat hy nie nou sy ander hoedjies wil opsit nie.



Rugby het gewen en hy het sy hoed opgesit om te gaan speel.




Die bal is geskop; gaan haal; weer geskop en dit was 'n fees. Dit is net jammer dat daar nie gras is nie, anders sou dit nog lekkerder gewees het.







Hy het die bal mooi tussen die plantjies gaan sit en gesê : Gatjie, klaar, klaar. En dit was dan nou die einde van die rugby speel.




Dankie, Oupa Danie en Ouma Miemie, ek gaan hierdie bal nog stukkend speel. Liefde van Ruben.

No comments: