Friday 19 December 2008

Ruben se laaste swem klas

Woensdag was Ruben se laaste swemles vir die jaar. Gelukkig was Sebil saam met ons daar en kon sy vir ons 'n paar fotos neem.



Dit is 'n gespring en gelag en onder die water, hoes en proes, maar lekker bly dit lekker.




Baie van die oefeninge wat hulle doen is nog op die trappe. Liedjies soos Old McDonald had a farm word vinnig verander na ....had a pool. En this is the way we brush our teeth na ... kick our feet.





Hier is ons weer krokkedille wat op die trappies kruip en moet hy tussenin nog borrels blaas ook.



Ons het afgesluit met Jingle bells en almal 'n Geseënde Kersfees toegewens.




Omdat ons volgende jaar Suid Afrika toe gaan vir 'n maand en die swemlesse eers in Februarie begin, is ek nie seker of Ruben die eerste kwartaal sal teruggaan nie. Sy ouers besluit nog daaroor. En vanaf Junie is ons in Tokoroa en dan weet ek nie of Sebil hom sal kan vat nie. Die tyd sal leer.
Ouma Miemie, as julle nou hiernatoe kom, kan jy hom vir swemlesse vat.

No comments: