Tuesday 16 December 2008

Meisiekinders se swem

Vrydag, 12 Desember, was ek saam met Yolandi en die dogtertjies Taupo toe vir swemlesse en inkopies. Eerste stop was haresny vir Yolandi en Joanné. Daarna was dit swemlesse. Elke keer wanneer ek die meisiekinders sien swem, is dit op 'n meer gevorderde vlak as die laaste keer.



Odélia swem al so goed onder die water.







Odélia was nie baie beindruk met die feit dat haar onderwyseres nie daar was om te help met die swemlesse nie. Daar was 'n oom gewees en sy het gladnie daarvan gehou om saam met hom te swem nie. Sy wil ook nie volgende week gaan swem as sy weer met die oom moet swem nie. Haar hele houding het die hele tyd vertel dat sy nie van die man hou nie. Hy, aan die anderkant, was baie beindruk met haar swem, want sy het in die halfuur omtrent 4 of 5 high fives van hom gekry en hy het haar heeltyd gekomplimenteer met haar swem.


Die foto waar hulle 'n kringetjie maak en dan moet een van die kinders onder water probeer om in die kringetjie in te kom.





Annika ry perdjie op 'n noodle.




Hier swem Annika weer met die noodle.




Annika se onderwyseres het gesê dat sy volgende kwartaal alleen sal kan swem. Sò, sy gaan weer opskuif na 'n groter ouderdoms groepie toe.


En ek, ek sit en vra : Uit, Uit, maar Ouma neem vandag net foto's en wil nie my uittel nie. Naderhand het sy geroep : Ouma, Piepie. Sy het geweet - nou sal ek aandag kry. En jou waarlik, dit was toe nogal nodig gewees ook.


Sy doen baie goed met die pottie training.



Volgende keer hoop ek om foto's van Ruben se swem te plaas, want Sebil gaan dan saam met my en Ruben swemlesse toe.

No comments: