Saturday 27 December 2008

Kersfees by Ruben se dagsorg

Dit was eers speeltyd toe ons Dinsdag by die dagsorg kom vir Kersvader se besoek aan Ruben en sy maatjies. Hy was nie mooi seker wat ons nou eintlik daar doen nie, want ons was dan nou met "kansie". Was baie verbaas om die oom met die rooi pak klere te sien toe hy nader stap, en het hom goed dop gehou. Hy het ook baie versigtig sy geskenkie gaan kry. Sy eerste regte ontmoeting met die oom en sy grys baard was baie "versigtig", hy wou ook nie te lank op sy skoot sit nie en ons moes maar vinnig foto neem.









No comments: