Sunday 7 December 2008

Odélia se Partytjie

Soos almal gesien het, was dit gister Odélia se verjaarsdag partytjie. Die kinders het 'n fees gehad, om nie van die grootmense te praat nie. Die tema vir die partytjie was Barbie and the dancing princesses.
Ons verjaarsdagmeisie.
Die verjaarsdagkoek.
Odélia blaas die kersie dood.
Die gedekte tafel.
Wat elke prinses gekry het.
Annika
Joanné
Al die prinsesse en daar was drie prinse ook, om die tafel om te sing.



Die kinders sit buite op die komberse en wag vir die lekker verjaarsdagkoek.

Hulle smul lekker aan die verjaarsdagkoek.

Die sprayer was aan sodat hulle bietjie kon afkoel. Dit was 'n baie warm dag.

Die sandput het ook aftrek gekry.

En toe is dit tyd om persente oop te maak. Met elke nuwe persent is dit 'n oe en 'n aa, want alles was spesiaal.

Ruben het 'n lafenissie kom soek en moes eers vir Zibs cheese.


En toe was dit die einde van 'n baie spesiale oggend in 'n klein dogtertjie se lewe. Net wat sy wou gehad het. Die prinseskoek was pienk, soos julle almal al weet, haar gunsteling kleur. En al die ander versierings was prinsesse en pienk. So, dit was baie spesiaal.
Dankie, julle, ons het die partytjie baie geniet.
Dankie ook, Zibs, vir die foto's en dat jy altyd jou kamera daar het.

No comments: