Monday 15 December 2008

Napier - Werk se dag uit


Oppad na Napier
Vrydag 5 December was dit tyd vir ons Kersparty by die werk. Ons het dit anders as gewoonlik gedoen en is vir die dag Napier toe, dis so 2 ure van Taupo af en aan die ooskus van NZ. Totaal en al 'n ander wereld. Op die foto's sal julle sien hoe droog dit al klaar daar is, en die somer het skaars begin. Die locals se dat die hele NZ reen sal kry maar dit kom net nie by hulle uit nie.
Wel Napier laat my aan 'n hele paar plekke dink. Dit was nog vroeg oggend en bewolk toe ons daar aan gekom het. Ons het aan die eenkant van die pad die stad gehad (dit is groter as Taupo, kan dalk so groot soos Rotorua wees of bietjie groter) en aan die ander kant fabrieke en die industriele gebied. Baie soos die Vaaldriehoek dorpe, met die fabrieke se rook wolke. Nou ja dan het dit ook die see, maar met 'n strand vol klippe. Maar die 2 hoogtepunte van Napier is dat dit 'n gebied het wat Cape Kidnappers genoem word. Raai waaraan laat dit my dink??? Kaappunt, natuurlik!!! Dit was ons eindbestemming. En natuurlik is dit in die Hawke's bay provinsie van NZ, wat net een ding se WYN!! Dit was ook die 2 redes vir ons besoek. Moet se die wynplase lyk nie soos die goeie ou Kaapse wynplase nie, die geboue lyk maar redelik industrieel, maar met die wyn is daar niks fout nie. (Nou weet ek hoekom Hekkie my nog nie heerheen gebring het nie)
Cape Kidnappers is ook 'n "birdlife sanctuary", ons is met 'n 4x4 bus deur die reserve na die punt waar ons die Gannet Colony gesien het. Dit het my weer baie aan die pikkewyne by Simonstad laat dink.



Oppad na Cape Kidnappers




Uitsig van die reserve na Napier se kant toe

'n Bietjie meer oor die voëls:




Hulle is deel van die "Booby Family", ander spesies word in die Atlantiese oseaan en Suider Afrika, en kan tot 30 jaar oud word. Die kolonie by Cape Kidnappers is die grootse vasteland kolonie in NZ. As "almal by die huis is" kan hulle tot 24,000 voels wees tussen die kolonie. Die kleintjies bly hier vir 15 weke, dan gaan kuier hulle bietjie in Australie en keer weer terug na 2-3 jaar. In die tyd gaan 70 - 80 % van hulle dood voor hulle weer Cape Kidnappers bereik.




Die rots wat soos 'n tand lyk (verste end) word "the tooth of maui" genoem
(Daar is 'n storie om te vertel, ek ken hom nie heeltemal nie, maar sal dit volledig kry en dan weer post)


Daar is ook natuurlik 'n golfbaan op die reserve. Tussen al die droë kolle is daar die mooi groen golfbaan, die golfbaan is aangewys as die golfbaan van die jaar.

Die klubhuis is splinternuut gebou, maar lyk soos 'n ou stoor


Hier kan julle sien hoe droog die reserve is


Nou ja na ons 3 ure toer na die Gannets en terug was ons gereed vir ons middagete by die Clearview Winery & Restaurant. Moet ook net noem met die nie drink en bestuur wet wat so streng is, het ons dit goed gedink om 'n Limo vir die dag te kry om die 6 van ons rond te ry. Voor ons die pad terug aangedurf het was ons eers by Te Mata peak, 'n uitsig oor die hele Hawke's Bay.





By die uitkyk punt Te Mata Peak



Vanaf Te Mata Peak kyk ons uit oor Napier en meer binneland toe is die dorp met die naam Hastings

No comments: