Thursday 11 December 2008

Nou is ek 'n groot kind!

Joanné is nou sommer klaar met doeke. Dit het so vinnig gebeur. Sy is vreeslik oulik en sê mooi wanneer sy wil gaan. Sy het nou 5 aande gaan slaap en met 'n droë doek opgestaan. Gisteraand het sy toe nou sommer besluit sy wil nou niks meer weet van 'n doek nie. Sy dra mos nou "pênties". Als goed, want die broekie was toe dan nou vanoggend droog. Mamma is so trots op haar!

No comments: