Thursday 25 December 2008

Kersfees

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken : julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.
Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê :
"Eer aan God
in die hoogste hemel,
en vrede op aarde
vir die mense in wie Hy
'n welbehae het!"
Webfetti.com
Stille nag, Heilige nag!
Jesuskind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
Geseënde Kersfees.
Mag dit vir julle almal 'n ware Christusfees wees.
Geniet 'n wonderlike dag.
Liefde van ons almal in New Zealand.
Pieter en Annatjie Nortje
Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné Nortje
Hekkie, Daleen en Ruben du Plessis
Johan en Sebil van der Merwe

1 comment:

Anonymous said...

Geseende Kersfees vir jou en jou gesin Annatjie en 'n wonderlike 2009 vir julle.