Sunday 14 December 2008

Joanné se eerste haarsny

Vrydag 12 Desember het Joanné haar eerste haarsny gehad. Ek het my kamera in die kar vergeet en toe sommer met die selfoon foto's geneem.
Eers was sy redelik ongelukkig en wou nie in die spieël kyk of eers opkyk nie.





Die ongelukkigheid het gou verdwyn en plek gemaak vir die oulike dogtertjie wat ons ken. Sy het pragtig stil gesit en Bonnie het kans gekry om die kuifie mooi te sny en die dooie puntjies af te sny.

Die eindproduk - te pragtig

En gou is die haarsny vergete en speel ek lekker saam met my sussies.

Sy het die laaste ruk net te vinnig groot geword.

Die vier klein mensies maak 'n ou se lewe soveel ryker en voller. Ons geniet hulle so baie en kan die Vader nie genoeg dankbaar wees, dat ons almal so bymekaar kan wees nie.

No comments: