Tuesday 16 December 2008

Kuier by Neds Place

Vrydagaand, 12 Desember, was daar 'n kuieraand by die veearts om dankie te sê vir die jaar se ondersteuning. Almal was genooi, maar ons vrouens het besluit dat ons liewers by Neds Place gaan kuier as om by die veearts te kuier.



Die manne het dit natuurlik baie geniet. Om nie eens van ons vrouens te praat nie. Ons het lekker geëet en gekuier. Die vreemde gesigte op die foto's is Richard wat saam met Pieter werk se vrou, Jennifer en hulle dogtertjie, Riley.


Sebil, Joanné, Odélia en Ruben






Yolandi, Annika, Jennifer en Riley.




Yolandi, Annatjie, Joanné en Odélia



Die hoek waar ons gesit het, en ons het die hele hoek ingeneem, het 'n rusbank en stoel en die kinders het baie lekker daar gespeel.





Daleen was die fotograaf en dit is dan die rede hoekom daar nie van haar 'n foto is nie. Dankie, Daleen.

No comments: