Monday 8 December 2008

Ons laaste "skooldag"

Elke tweede Woensdag vanaf Januarie tot die begin van Desember, met kalftyd uitgesluit, was ek en Pieter in 'n ITO Level 4 klas. Hier het ons baie geleer oor die melkboerdery in New Zealand.


In die begin tot en met Julie het ons 'n vrou, Liz gehad wat vir ons die klasse aangebied het. Toe ons in Oktober weer begin het, het ons vir Dave gehad wat die klasse aangebied het.


Ja, ons het huiswerk gekry en sommer baie daarvan ook. Ons moes 'n farmreport opstel wat oor die plaas waar jy werk gehandel het, en met elke klas het jy 'n werkstuk gekry wat jy moes klaarmaak voor die volgende klas. Ek en Pieter het so sy aan sy gesit en werk. Een van sy laaste werkstukke het hy teruggekry om een sinnetjie by te skryf en toe was ek gelukkig om 'n prys te kry vir die "leerling" wat al die werkstukke plus die farmreport eerste klaar gehad het.


In hierdie klas het ons begin met sewe Suid Afrikaners en sewe Kiwis in die klas. Oupa Bes is terug Suid Afrika toe en Adriaan het Junie op 'n ander plaas gaan werk. Ek weet nie of hy die kursus daar voltooi nie, maar die res van ons, vyf, het die kursus klaargemaak.


'n Foto van die Suid Afrikaners by die ingang na die klas.
Van links na regs :
Pieter, Ben (hy is 'n Hollander, wat met 'n Kiwi getroud is), Edmond, André en Jacques.




Ons "tutor" Dave

'n Foto waar almal in die klas sit. Die vrou voor in die klas, is van 'n kunsmis maatskappy, Balance, wat 'n lesing kom gee het oor kunsmis en die uitwerk van hoeveel jy nodig het. Verder is net Suid Afrikaners en 2 Kiwis wat in die klas is.

Vandat Daleen begin werk het, het dit my te beurt geval om elke Woensdag met Ruben te gaan swem - wat 'n fees. Die swem sou skuif na Vrydae, maar is weer terug geskuif na 'n Woensdag. Nou ja, Woensdag was dit weer sulke tyd. Hy moes toe maar eers saamgaan klas toe en toe dit swemtyd was, het ons eers gaan swem en weer later by die klas aangesluit. Die volgende twee foto's is van hom voor die klaskamer. Heel op sy gemak met al die ooms wat baie gaande was oor die seuntjie. Tot Dave het die opmerking gemaak : Oh, you start them early on the course.

No comments: