
Baie geluk, Heinrich. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar, vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens. Mag jy nog lank vir jou gesin gespaar bly. Geniet die dag.

Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Dan verjaar WC ook vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde en voorspoed wees. Hoop jy geniet jou dag.
Baie geluk met julle huweliksherdenking, Daan en Clara. Mag jul huwelikspad besaai wees met rose. Gods rykste seën word julle toegebid. Mag julle nog lank vir ons almal gespaar bly. Geniet 'n besondere dag en bederf mekaar baie. Liefde.