Sunday 9 September 2007

Suid Afrikaanse aand in Taupo

Gisteraand is hier in Taupo 'n Suid Afrikaanse aand gehou. Die bestuurderes van die Golf Course Motel, Tilly het die initiatief geneem om dit te reël. Die vure was daar en verder moes jy alles saambring.
Helena, op die voorgrond, is van Auckland. Sy het die eerste woorde gesê. Daarna het Tilly en Bessie 'n kans gekry en toe moes almal sê van waar hulle in Suid Afrika kom en waar hulle nou in New Zealand gevestig is. Julle sal natuurlik nie kan raai vir watter super 14 span die meeste van die mense teenwoordig geskree het nie. NATUURLIK, DIE BEKER IS WP TOE. Weer Pretoria toe. Ja, hulle ondersteun die Blou bulle.
Die meisie in groen, met haar rug na die kamera, is Mieke, een van Yolandi se maats toe sy in Pretoria in die Laerskool was.





Tilly met die kamera en Bessie in rooi, is al 35 jaar vriendinne. Tilly bestuur die motel en het Bessie ingevoer (soos hulle sê) om te kom help. Tilly gaan binnekort vir 2 maande Suid Afrika toe en dan sal Bessie die bestuur van die motel waarneem.



Op hierdie foto is ons mede Carletonvillers, Kitty en Tienie Cloete. In die middel van hulle staan Paul. Sy vrou is 'n dokter in Taupo Hospitaal. Die vrou aan Kitty se regterkant, is Tienie se suster. Hulle bly nou in Napier aan die New Zealand se ooste kus.



Soos julle kan sien, kan ons ook braaivleis hou soos in Suid Afrika. Kyk net hoe lekker lyk die boerewors in New Zealand.





1 comment:

Anonymous said...

Dit lyk baie lekker. Ek sien dat al weet die mense nie van beter as om vir die blou bulletjies te skree nie, julle darem braaibroodjies soos die Streeptruie maak.