Friday 28 September 2007

Ek brei 'n kombers

Nadat Sebil die kombersies gesien het wat vir die kleingoed gebrei is. (Jessica het dit vir my gebrei.) Dit kan nie hoër of laer nie, sy moet ook so 'n kombers hê. Natuurlik nie 'n babakombers nie, nee een vir die dubbelbed. Ek bestel toe 50 bolle wol uit Suid Afrika. Evette het dit gestuur. Ek het begin brei. 250 steke en 50 bolle wol. Ek het amper 7 bolle klaar gebrei en die strook is om en by 10 duim lank. Die kombers sal darem seker teen volgende winter klaar wees. Sal julle op hoogte hou.




No comments: