Wednesday 26 September 2007

Mt. Ruapehu

Julle sal onthou dat ek 'n tydjie gelede foto's van "Ons berg" geplaas het. Wel, bo alle verwagtinge in en sonder enige waarskuwing het die vulkaniese berg gisteraand 'n uitbarsting gehad. Die toerusting kan slegs 'n uitbarsting van oor die 4 lees en alarm maak. Hierdie een was 2.8. Twee jongmans wat oppad na die meer op die berg was, was in 'n oornag hut. Die deur van die hut is weggeblaas en klippe en modder het in die hut ingestroom. Die een man het sy been in die proses verloor. Albei was baie gelukkig om met hul lewens daarvan af te kom. Hulle voorspel nou dat daar nog meer uitbarstings gaan wees.

No comments: