Monday 3 September 2007

Ronald McDonald Huis

Die Ronald McDonald Huis, is 'n tipe van "hotel" waar ouers van pasiënte kan oornag. Die plek het 'n hele paar kamers met badkamers (nie almal baddens nie, party het storte). Van die kamers is ook vir gesinne ingerig en ander is weer aangrensende kamers. In die kamers vind jy ook die nodige soos handdoeke, sjampoe, seep, 'n naaldwerk pakkie, skoenpolitoer, vanity pakkie en selfs waspoeier. 'n Laundry is ook beskikbaar. Die kamers het ook elkeen 'n TV en 'n telefoon in. Die kamers is nie baie luuks gemeubileer nie, maar wat meer wil jy hê? Wat 'n voorreg is dit nie om so 'n plek te hê wanneer jy pasiënte in die hospitaal besoek nie. Jy moet sorg vir jou eie kos, maar verder is alles daar. Brood, Melk, Koffie, Tee, Suiker, Hot chocolate ens. word voorsien. Natuurlik moet jy ook darem net agter jou skoonmaak. Die eetsaal ook pragtig toegerus. Jy moet net jou eie tafel weer afvee en afdek. Skottelgoed word ook in masjiene gepak en die seep word ook voorsien. Yskaste en vrieskaste met mandjies, waarop jou kamer nommer is, waarin jy jou kos kan sit is ook in die kombuis. Nou sal julle wonder : WAT KOS DIT??? NIKS. Jy kan as jy wil 'n donasie aan die huis maak.
Ek lyk maar net besig in die kombuis.




Lyk darem nie of Japie die slag verloor het nie. Hy met Joanné op sy arm, besig om haar bottels te maak.



Yolandi besig met ontbyt.


Reggeraai!! Oupa met Annika. Hulle lyk ook maar net besig. Hy hou altyd die kleingoed besig.


Pieter, Japie, Diela en Annika buite op die stoep van die huis.



Japie met Odélia op sy arm, by die speelplek in die Starship Hospitaal.

Annika in een van die tonnels van die speelpark.



No comments: