Wednesday 5 September 2007

Odélia kuier by Ouma

Odélia het vandag by my gekuier terwyl Yolandi 'n paar goedjies in die dorp afgehandel het. Sy het op haar gunsteling tekenplek - onder my lessenaar waarop die rekenaar is - gesit en teken. As julle oplet die linkerbeentjie is pragtig gebuig. Sy loop elke keer as ek haar sien ook beter. Dit sal seker tyd vat om weer heeltemal normaal te loop. Dit was baie lekker om haar hier te hê en dan vergeet 'n mens amper dat sy siek is, want sy is haar ou self. Die hospitaal sal nou laat weet wanneer die resultate van die toetse reg is en dan sal hulle weer hospitaal toe moet gaan. Die picklyn is ook uit en sy kry antibiotika om te drink, om te keer dat sy infeksie in die niere kry. Nou sien ons uit na Annika se verjaarsdag Vrydag. Ons gaan natuurlik Saterdag partytjie hou, sodat almal daar kan wees. Ouma moet 'n apiekoek bak. Terwyl ek nou so sit en skryf, verwag jy om enige oomblik te hoor dat Joanné wakker word en roep om opgetel te word of dat Annika my gaan kom haal om na iets te kyk. Maar die huis is grafstil, want hulle is huistoe.

1 comment:

Anonymous said...

Baie bly dit gaan beter met Odelia. Ons hele omgeegroep bid vir haar en haar familie. Geniet julle koue!