Tuesday 25 September 2007

Odélia en Yolandi

Odélia gaan môre weer Auckland toe vir ondersoek. Sy loop al baie mooi, is nog 'n bietjie kruppel en dit word erger as sy hardloop of wanneer sy moeg is. Die operasiewond op die hand is rooi en lyk of hy sweer. Dr. Nicol het gesê dat hy haar dadelik wil sien. So môre aand sal ek weer vars nuus oor Diela hê.
Yolandi gaan nou 'n spesialis sien met die knop in haar keel. Dit sal ongeveer twee weke neem voordat ek verder daaroor kan berig.

No comments: