Sunday 16 September 2007

Manne se aand uit

Ons gee die manne af vir 'n aand uit en vra: "Neem asseblief foto's."
Ja, dit is toe die foto's wat ons kry. Nou ja, dan moet ek maar die aand uit vir julle na aanleiding van die karige foto's beskryf.
Wellington het teen Waikato in Hamilton rugby gespeel. John, die eienaar van die plaas waar Hekkie werk, het al die reëlings getref vir dié aand. Hulle het vyfuur die middag van die plaas af vertrek. Omliggende plase se mense is ook saam. Ons vrouens is nie saam nie. Ek het by Daleen gebly en ons het sommer daar geslaap ook. Pieter het Saterdag weer gewerk. Johan was nie saam nie. Yolandi het by die huis gebly, want Joanné is verkoue. Die eerste foto is van die bus geneem waarmee hulle gery het. Die tweede is Japie en die ander persoon op die foto is Hekkie. Hy probeer altyd 'n foto vermy. Die derde foto is weer van Hekkie en Japie geneem. Fluit-fluit my storie is uit.
Ons span is natuurlik Waikato, maar hulle het lekker verloor teen Wellington.








No comments: