Thursday 6 September 2007

'n Baie stil huis

Ja, dit het ek nou. 'n Baie stil huis. Ek was vandag na Sebil toe vir my "beauty" treatment. Het dit baie geniet. Het net teruggekom na 'n baie koue en stil huis. Môre verjaar Annika (sy is al 2) en die naweek is vol. So die gemis sal darem nie sò erg wees nie. Ja, en Maandag kom Ruben weer. Dan het ek hom wat my besig gaan hou.
Wat Odélia aanbetref; sy klink goed. Wil ook nou net 'n verkoue kry. Maar dit is te verstane met die twee sussies wat verkoue het. Joanné het die wiegie uitgegroei en slaap van vanaand af in die groot kot. Dit is ook ongelooflik hoe die klein mensie groei. Sy sal die 10de al 5 maande oud wees.
Ons het Saterdag hier by die Taupo Golf Course Motel 'n Suid-Afrikaner dag. Dit neem 'n bring en braai vorm aan. Ons hoop om daar dan ook meer Suid-Afrikaners te ontmoet.
Sondag het ons ons eerste jaarvergadering by die kerk. Baie interessant dat hulle nou al wil afstig van die Hamilton Gemeente af. Hulle reken die Rotorua gemeente is sterk genoeg om op sy eie te funksioneer. Dit is en bly ongelooflik hoe baie Suid-Afrikaners hier in New Zealand is.
INTERESSANTE FEITE :

THE SHAKY ISLES :

The last fatal earthquake in New Zealand was on the West Coast of the South Island in May 1968. Three deaths resulted.

THE CONTINENTAL CLIMATE :

Due to the moderating effect of the ocean, summer and winter temperatures in most NZ locations differ by less than 10 degrees C. The most continental climate is found in the South Island, in Central Otago, inland from Dunedin.

Here the temperature reaches 24 degrees C on an average day in summer while in winter it falls to minus 2 degrees C on an average night. Rainfall is a semi-arid 350mm a year. In comparison, rainfall in other NZ locations is :

  • Christchurch 635mm
  • Wellinton 1250mm
  • Auckland 1200mm

Much of NZ's stone fruits, such as peaches and apricots are grown in Central Otago.

No comments: