Tuesday 4 September 2007

Odélia is by die huis

'n Vinnige boodskap om te sê dat Odélia by die huis is. Ek het nie al die inligting om te sê tot wanneer nie en presies wat die dokter vanoggend gesê het nie. Ek sal môre alles presies uitvind en dan weer 'n boodskap skryf. Yolandi kom môre die twee kleingoed haal en 'n bietjie inkopies doen. So kom Oupa en Ouma se kuier met dié twee ook nou vir eers tot 'n einde. Die huis gaan nou baie leeg wees totdat Ruben weer Maandag kom.

No comments: