Friday 7 September 2007

Ruben kuier

Ons het gedink ons sou tot Maandag moet wag voordat Ruben kom kuier. Wat 'n lekker meevallertjie kry ons toe nie. Oupa het met sy etensuur besluit om buite in die son te sit en eet, sodat Ruben buite kon speel. Maar hy wil nie alleen speel nie. Oupa moet saamspeel. Hoe kan 'n man dan nou alleen speel met 'n bal. Jy moet mos iemand hê om voor te skop.





Kyk hier, Oupa ek het hom!! Ek het die bal. Kom ons speel.





Oupa, kan jy nie sien ek wil nou speel nie? Maak tog gou.




Nog net 'n bietjie, Ou Seun. Gee Oupa nog net 'n bietjie kans. Ek is amper klaar.




Wil jy nou kom saam eet, Jong. Moet net nie dat Ouma ons uitvang nie, want dan kry ons nie roomys nie.





Kom, Ruben, vat 'n hap man, dit is lekker kos vandag.





Sal ek dan nou maar hier by Oupa sit en kyk dat hy al sy kos opeet. Hoop net hy eet vinnig.




Ek net gou hierdie bord van Oupa in die hande kry en vir Ouma gee. Dan kan sy tog die skottelgoed was terwyl ek en Oupa speel.




Gee nou die bord, asseblief Oupa. Jy moet nou-nou teruggaan werk toe en dan het ons nog nie gespeel nie.





Ai tog, daar val die bord ook nou nog. Ek kan nie wag dat ek en Oupa kan bal speel nie.




Dit vat sulke ou klein handjies maar lank om 'n bord op te tel en vir Ouma te vat.




Jippie!! Oupa is klaar geëet en nou kan ons tog bietjie speel.



Vang, Oupa.


No comments: