Tuesday 11 September 2007

Odélia

Odélia en Yolandi was vandag Auckland toe. Die dokters was baie tevrede met haar gebruik van die regter hand. Hulle wil haar oor 2 weke weer sien, wanneer dr. Nicol terug is sodat hulle kan x-strale neem en dan weer toetse doen. Hulle het wel bloed getrek. Tot dusver het hulle werklik nog nie 'n aanduiding wat die probleme veroorsaak het nie. So, hulle is by die huis en kan darem nou na normaal terugkeer. 8 weke was 'n lang tyd vir ons almal. Baie dankie vir al julle gebede en beterskap wense. Ons glo en vertrou dat sy ten volle sal herstel. Onthou haar nogsteeds in julle gebede, asseblief.

No comments: