Sunday 21 October 2012

Verskuiwing van die huis 1

So saam met die conversion van die plaas, moet daar ook huise vir die werkers wees.  Die bestaande huis op die plaas het ons die afgelope maand en 'n half laat regmaak.  Dit is uitgeverf, die dak is geverf, nuwe matte en vinyl is ingesit en ook nuwe gordyne is gehang.
 
Nou is dit tyd vir die tweede huis om gedoen te word.
 
Hierdie huis staan nog op 'n ander plaas en moet geskuif word na Arataki Farm toe.  Dit sal nou binne die volgende week of twee gebeur.
 
Hier begin die storie.............
 
Die eerste foto links is die site waar die huis neergesit gaan word.  Foto 2 en 3 is fotos van 'n shearers quaters wat op die plaas is, wat nou vervang gaan word deur die huis.  Ons moet dus hierdie ou huisie verwyder.  Dit kan nog 'n goeie jagters huis wees.  Ons hoop dat 'n jagplaas sal belangstel om die huis te kom haal. Foto 4 is die driveway na die nuwe site vir die huis.
 
 




















 
 
Die voorbereidings is in volle gang by die huis.
 
Hierdie ingang by die kombuis deur moet verwyder word.
 
 
 
 
Hier loop Pieter saam met die ou wat in beheer is van die voorbereiding.
 
 


Die dek wat by die voordeur was, wat al afgehaal is.

 
 
 
 Alles wat aan die huis gesit is, moet afgehaal word.  Op die foto onder kan julle sien dat die huis op concrete pilaartjies staangemaak is.  Op die voorgrond is 'n jack waarvan daar seker 'n stuk of 14 is, wat hulle onder die huis gaan insit, hom opjack en dan met die sleepwa onder hom gaan inry.  Ek hoop dat ek al die fotos sal kan neem om dit met julle te kan deel.
 


 WORD VERVOLG ................

No comments: