Sunday 28 October 2012

Huis 4

 
Die hele langnaweek het die huis op jacks gestaan en die garage op die sleepwa.  Dinsdag het "Die House Removers" weer gekom, die garage op jacks gesit en die trok weggevat.  Hulle het dadelik begin met die hout pale wat geplant moes word.  Die garage s'n is eerste gedoen.  Daarna is die huis s'n gedoen - julle kan dit duidelik op die foto sien - sommer baie van hulle onder die huis.  Dankie tog dat ek nie onder die huis moes werk nie.
 
 


 
Van die koppie afgeneem.  Links in die agtergrond is 'n woolshed - waar hulle die skape skeer.



 
Hier is die huis en die garage albei op die houtpale.  Nou moet concrete vir die garage gegooi word, die deck vir die huis opgesit word, die gedeelte tussen die huis/garage en die grond moet ook toegemaak word met hout en tussen die huis en garage word die twee deure gelink, sodat jy darem droog vanaf die garage na die huis kan kom.



Van nou af sal die fotos meer gaan oor die renovation van die huis.  Die volgende post se foto's het ek geneem van die binnekant van die huis - om te wys hoe hy nou lyk.


Dit lyk nou so vreemd as jy daar verby ry - skielik staan daar 'n huis.
 
Vervolg..........

No comments: