Tuesday 16 October 2012

Ruben se skool konsert

Op 26 en 27 September het Ruben se skool ook 'n konsert gehou.  Soos julle van die naam aflei - baie gesing en gedans.
 
Rock n Roll Idol.
 
 


 
Hier in die middel agter, dans Ruben en sy maatjie.
  



 
 
Tydens pouse:  Ruben en sy beste pel Pieter op die verhoog.  Pieter is ook 'n Suid-Afrikanertjie.
 
 


 



 
Die seuntjie wat hier langs Ruben sit, is Michael.  Hy is die seun van Craig en Sophie Vanner by wie Johan en Sebil gewerk het.



 
 
Hier langs Pieter sit Chané, die dogtertjie van Johan en Thea Mulder.




Tydens pouse:  Vyf van die ses Suid-Afrikanertjies wat hier in die skool is.
 
Van links :  CJ Minnie, Ruben, Pieter Osborne, Sulize Osborne en Simoné Mulder.




Die storie was oor Rock n Roll bands wat aan 'n kompetisie deelneem en uiteindelik word daar 'n wenner aangewys.  Ons almal het gaan kyk.  Na die konsert, tydens die vakansie, as die kleingoed bymekaar was het hulle gesing: The boys in black are back in town.  Of hulle het die jump gedoen wat ook een van die hoogte punte in die konsert was.
 
Ons het dit baie geniet.  Dit word baie anders as in SA gedoen.  Hulle is baie meer relaxed rondom alles.  En natuurlik neem elke kind deel. 
 
Dankie Ruben dat jy ons genooi het.  Dit was vir ons 'n baie lekker kuier.

No comments: