Tuesday 16 October 2012

Conversion 1

 
Die verhaal begin Februarie 2012.  Ons was besig met 'n NVD Meeting.  Ons besigheid is NVD Trust wat al die Sharemilking doen.  Pieter kry 'n telefoonoproep van Steve Boyd en hy klink nogal heel opgewonde.  Ons het ons vervangings verskalfies by Steve op die plaas laat graze, totdat hulle gedek is en moes kalf, dan het hulle plaas toe gekom om gemelk te word.
 
Steve het vir ons 'n aanbod gemaak:  Wil ons nie equity partnership met hom en sy vennoot aangaan om die twee plase te ontwikkel in 'n melkplaas nie.  Natuurlik was ons almal vuur en vlam.  Huiswerk is gedoen, banke gesien en met almal gepraat.
 
Steve se vennoot wil kop uittrek en wil weet of ons hom nie wil uitkoop nie.  Weereens doen ons huiswerk en sien banke en dit gaan dol. Ons koop toe vir Darryl uit en nou is ons 50 / 50 in die ontwikkeling van die plaas.
 
Ons oorspronklike plan was om 1 Augustus daar te begin melk.  Gelukkig het die manne besef dat dit nie moontlik is nie.  Die ontwikkeling het middel September regtig begin en ek sal julle op hoogte hou met die vordering.
 
Hier is 'n paar foto's van die plaas.
 




Alles op die plaas moet gedoen word.  Ons moes kwotasies kry vir elke dingetjie.  Dit moes vergelyk word en die beste een is gekies om die werk te doen.  Goedkeuring moes ook verkry word om water te mag gebruik, die melkstal te bou en 'n huis te verskuif na die plaas toe.
 
Die ander huis op die plaas is reggemaak.  Uitgeverf binne en buite.  Die dak is geverf.  Nuwe matte en vinyl op die vloere.  Ook moes ek verlede week inderhaas gaan gordyne koop, want die werker moes Vrydag intrek.  Donderdag het ek en Yolandi ook die huis gaan skoonmaak.  Daleen en Sebil het kinders opgepas en die kantoor beman.  Deesdae is die kantoor ook nie meer net 'n kamertjie in die huis nie.  Ons het ons dubbel garage omskep in 'n kantoor want ons vier vrouens moet elkeen ons eie hoekie hê om te kan werk.
 
Ag, die lewe raak net al hoe meer interessant.
 
 
VERVOLG ..........................

No comments: