Wednesday 17 October 2012

Conversion 2

Eerste is die boorgat geboor.  Want sonder water kan daar nie gebou word nie.
 
 
Daarna is die kraglyn aangelê tot waar die melkstal (shed) gebou gaan word.  Sonder krag kan jy mos niks doen nie.
 
Hierdie foto is van die pad (Arataki Road) af oor die Cattle yards afgeneem.  Bo op die koppie staan die water tenk en die kragpaal.
 
 

 
 
Hier is die water tenk, die kragpaal en die boorgat van waar die water aangelê gaan word na die shed toe. 





 
Pieter is heel dag en al dag hier op die plaas.  Hy is wat ons noem die Operations Manager.  Hy moet alles bymekaar vat en sien dat almal gelukkig is en dat die job gedoen word.  Tussendeur het hy nog 'n paar groepe verse en 'n groep koeie wat ook versorg moet word.  Die man is baie besig van vroeg tot laat.
 
 
Nadat die boorgat toegerus is en die water tenk opgekoppel is, het hulle met die waterlyne na die verskillende paddocks (weikampe) begin.  Die ou heinings (fences) op die plaas word ook almal verwyder want die plaas word nuut uitgelê om te voldoen aan die behoeftes van 'n melkplaas.  Steve se vrou, Jo, werk elke dag 3 ure op die plaas.  'n Regte yster van 'n vrou.  Haar hande staan vir niks verkeerd nie.  Steve self is nie in die week betrokke op die plaas nie.  Hy is betrokke by die bou van 'n stoom kragstasie saam met sy vorige vennoot, Darryl. Naweke en vakansie dae is hy op die plaas om ook sy oog te gooi oor alles wat aangaan.
 
En dit word net al hoe interessanter.
 
VERVOLG ....................... 

No comments: