Tuesday 23 October 2012

Die skuif van die huis 2

Die verskuiwing van die huis het toe vinniger gebeur as wat ons gedink het.  Vrydag 19de Oktober was toe dié dag.  Gelukkig was ons betyds om die trok te kry voordat hy begin ry het.
Die huis klaar gelaai en reg om te vertrek.
 
 
 
Deur 'n gewone ysterhek opening uit die plaas op die pad gedraai.  Hierdie ou weet hoe.
 
 


Die naamboord van die ou op wie se plaas die huis gestaan het.  Sy pa en ma het in die huis gebly.






 
 
Die twee pilot voertuie :  Een met DANGER slow down op en die ander een met HOUSE follows op.
 
 





Op die hoofpad gedraai.  Die ou het gesê 45 minutes.  Ek, Daleen en Chanel ry gou na die plek toe waar die huis gestaan het, sodat ons daar foto's kan neem.



Die eerste foto is geneem van die site waar die huis gestaan het.  Die ander foto is die garage wat ook nog geskuif moet word.  Hier gaan 'n nuwe huis vir die Oupa en Ouma gebou word.


 
 
Nie eens 15 minute later nie en toe ons op Arataki Road draai nadat ons die ander pad gery het, kry ons die pilot voertuie.  Die huis is sowaar al hier.
 
 Hierdie foto's is vanuit ons driveway geneem.  Die huis moet so ongeveer 1.2 km verder op Arataki Road afgelaai word.
 

 
 




Ons het toe maar agter die trok aangery om die ander foto's te kon neem.


Met die eerste probeerslag, het hy die trok agteruit deur die opening in die bome gestoot.
 
 


Gelukkig was Bruce met sy bulldozer naby en kon hy die trok teen die driveway opsleep na die site waar die huis moet wees.

 

 
Verdere foto's van die huis en garage sal later volg.

No comments: