Tuesday 30 October 2012

Huis 5

Soos ek belowe het, die foto's van die huis soos dit nou binne lyk.
 
Wanneer jy by die agterdeur instap is die eerste deur op regterkant die laundry.  Lieflike dubbel wasbak en die een kant se muur is omtrent die hele muur vol rakke.  Daar is ook plek vir die wasmasjien en tuimeldroeër om langs mekaar te kan staan.
 

 
Links is die kombuisgedeelte van die huis, wat later volg.  In die gang af is links twee spaarslaapkamers - lekker groot met elkeen 'n dubbel hangkas.



 
Die hoofslaapkamer.  'n Skuifdeur aan die een kant en 'n kleinerige venstertjie aan die ander kant.



 
Aan die anderkant, oorkant die skuifdeur, is daar 'n instap hangkas.



 
Terug in die gang, kry jy dan die badkamer met 'n bad en 'n stort.




 
Die wasbak in die badkamer is omring met pakplek.  Weerskante is daar 'n lekker lang kas, die wasbak kassie en bokant die wasbak die spieël.


 
Volgende is die toilet.  Daar is 'n deur vanaf die laundry in die toilet in.
 



 
Die gang, met Pieter in die agtergrond.  In die voorgrond twee lieflike dubbel kaste met hope pak plek.  Links na die kamer se deur is die besemkas.
 



 
Die kombuis.  Hier langs die stoof is 'n klein woodburner stofie wat uitgehaal moet word. Dan sal die kas opskuif tot teenaan die stoof.
 



 
Die eetkamer.  Die skuifdeur sal dan op die deck oopmaak.



 
Die sitkamer.  Lekker groot.  Die kaggel moes uit die muur gehaal word.  Hier sal dalk nou redelik baie werk gedoen moet word voordat ons hier kan verf en matte insit.
 



 
Noudat julle saam met my deur die huis getoer het, kan julle sien waarom ons moet verf, matte insit en nuwe gordyne hang.
 
 
Die laaste foto is geneem van die gat, waar die boom op die huis geval het.  Die gat is deur tot in die hoofslaapkamer.  Maar hy sal gefix word.



 
Vir 'n tydjie sal julle nou niks van die huis sien nie.  O ja, die elektrisiën, Robert, het al die krag gekoppel.  So die ander werk kan begin.  Sal foto's opsit soos dit vorder.
 
 
Vervolg ..........................

No comments: