Saturday 20 October 2012

Odélia se scarecrow

 
Die dogtertjies het vroeër mos die konsert oor Tattyboogle die scarecrow gehad.  19 Oktober is hulle Ag Day.  Gewoonlik maak elkeen 'n kalfie mak, wat ook in vorige posts gewys is.  Hierdie jaar met die nuwe baba oppad en so naby aan Ag Day, het hulle besluit om nie die kalfie te doen nie.  Die skool het toe gevra dat almal wat nie diere doen nie, 'n scarecrow moet maak.
 
Verlede week het Odélia by my gekuier.  Yolandi het gevra of ons solank met hare sal begin.
 
Hier is die gesiggie wat sy gemaak het.  Dit moet ook alles deur haarself gedoen word.  Ouma het idees gegee en gewys hoe om dit te doen, maar sy het die werk self gedoen. Op die foto is die neus nog nie op nie, en die oë nog nie vas gewerk nie.  Eintlik het ek vergeet om die gesig af te neem toe ons klaar is.
 
 

 
Die oë word gewerk.  Ek vra haar:  Diela hoe sal juffrou nou weet dat jy dit gedoen het. Dit is so mooi gewerk.  O, sê sy.  Ouma, jy weet, ek het mos stitching classes by die juffrou geneem, so sy weet ek kan stitch.





Kyk net die konsentrasie.  Hier is sy al amper klaar met die mond.  Haar eie idee om die mond so te maak.  Sy wou nog graag meer knopies gebruik het, maar ek het nie gehad nie. 
 



 
Hier word die neus gewerk.  Sy het eintlik vir my gewys hoe die neus moet lyk. Die tweede foto is sy besig om die voor en agter kant van die kop aanmekaar te werk.

 
Omdat ek vergeet het om die eindproduk af te neem, moet julle maar wag tot ek by die Ag Day was om dit af te neem.  Sal ook al die ander goed wat hulle moes maak afneem en opsit.
 
Ek het ook nog nie Annika en Joanné s'n gesien nie, maar ek glo die drie voëlverskrikkers gaan baie besonders wees.
 
Ouma Gerda het 17de geland en sy help nou om die Scarecrows klaar te maak.  Wil sommer vir haar sê baie welkom en sy moet die kuier hier baie geniet.  Lekker speel met die nuwe baba ook.
 
Tot na die Ag Day.
 

No comments: