Wednesday 5 December 2007

Verjaarsdag meisiekind

Vanoggend toe Japie inkom vir ontbyt, was dit tyd vir persente. Annika sê vir haar ousus geluk met 'n soentjie.

Odélia het darem nog tyd gemaak om tussen die persente oopmakery vir die kamera te "cheese".


Sy is vreeslik in haar noppies met haar netbal bal en ring, haar "regte egte" digitale kamera en haar Barbie DVD. Ons is heeldag afgeneem en is nou half laf gekyk aan Barbie. Sy het nou ook maar vanaand vroeg gaan inkruip, sodat Saterdag vinnig kan kom dat daar partjytjie gehou kan word. Vanaand het ons sommer maar net pizza geeet en 'n kersie uitgeblaas.

No comments: