Friday 14 December 2007

Die meisiekinders swem!

Elke Donderdag oggend vat ek vir Odélia en Annika swemlesse toe. Hulle swem al 'n hele rukkie en ek is so trots op hulle. Hulle swem soos twee vissies!


Odélia kan al self swem. Hier moet sy 'n dolfyn op die bodem van die swembad uit duik. "Thumbs up", Diela!


Annika kan nog nie alleen swem, so mamma swem saam. Sy gaan ook al onderdeur die water met rukke en hou van "Humpty dumpty" van die muur van die swembad af.

En Joanné? Joanné sit elke Donderdag ewe rustig op haar kombersie langs die swembad vir haar sussies en kyk. Volgende jaar gaan sy ook begin swem.

No comments: